Besprekings

Bespreek nou jou kaartjies by Computicket.


Promoters


Nuusbrief


Sluit nou gerus aan by Lefra Produksies se nuusbrief om die nuutste nuus oor al ons produksies te kry.

 Sluit aan 

Lefra Produksies kondig met trots aan dat vanjaar se Kersfees Skouspel by die Grand Arena van GrandWest in Kaapstad op Saterag, 14 Desember om 20:00 aangebied word, en daarna terugkeer na die Sun Arena, Time Square in Pretoria op Maandag, 16 Desember om 15:00. Meer as 15 top kunstenaars gaan in hierdie produksie optree en dit gaan ‘n wonderlike Kerskonsert wees in die ware Boney M-styl van Kerskonserte. Noot vir Noot se Jaconell Mouton is weereens die regisseur en Frans Swart, wat bekend is as regisseur van al die skreeunsnaakse klugte soos My Oom se Vrou se Plekkie is die regisseur met ‘n volle orkes. Kersfees Skouspel spog vanjaar met die room van Suid-Afrikaanse sangers en teatergangers gaan ‘n fees van talent sien en hoor, met Alwyn Oberholster, Granville Michaels, Jak De Priester, Joshua Na Die Reën, Mathys Roets, Monique, Nianell, Pieter Smith, Scott Engelbrecht, Steffie Le Roux en Taschè op die verhoog. Lefra het ook so pas aangekondig dat die wêreldbekende Leo Sayer Suid-Afrika toe kom in Desember om as internasionale gaskunstenaar op te tree in vanjaar se Kersfees Skouspel-konserte.